Onderwysdepartement verdedig babaverkragting-vraag

Die toneel uit "Tshepang". Foto: olexmentorprotege.com

Die toneel uit “Tshepang”. Foto: olexmentorprotege.com

Die departement van onderwys sal dit oorweeg om ʼn vraag te onttrek waarin matrieks wat Dinsdag die drama-vraestel geskryf het, moes verduidelik hoe hulle ʼn baba se verkragting op die verhoog sou uitbeeld deur gebruik te maak van ʼn besemstok en ʼn brood.

“Om te verseker dat geen kandidaat negatief geraak word nie, sal die departement al die vraestelle van leerders van al nege provinsies merk om vas te stel of enigiemand moontlik benadeel is,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

“As daar bewyse is dat kandidate deur die vraag benadeel is, sal die vraag op die vraestel ongeldig gemaak word en die memorandum sal daarvolgens aangepas word.”

Die departement het gesê die doel van die vraag was om leerlinge se begrip van die konsep van “aksiemetafore” te evalueer.

“Die afgryse en skok wat die gehoor voel, word bereik sonder om werklik ʼn baba te verkrag. Nêrens is daar van die kandidaat verwag om die daad, die verkragting van ʼn nege maande oue baba, letterlik te beskryf nie. Die eksaminators en moderators wat verantwoordelik is vir die eksamenvraag was binne die voorskrifte van die kurrikulum,” het die departement gesê.

Die gewraakte vraag 11. Verskaf.

Die gewraakte vraag 11. Verskaf.

Die departement sê voorts graad 12-leerlinge is jong volwassenes wat bewus is van die sosiale kwessies waarmee die land gekonfronteer word. “Dramatiese kuns is ʼn kragtige manier om bewustheid en opvoeding oor sosiale euwels te skep. Dit moet aangespreek word om verandering teweeg te bring.”

Die interne moderator het gesê daar is van die leerlinge verwag om te verduidelik hoe die simbole van die besemstok en brood gebruik kon word om ‘n gehoor die gruwel van kinderverkragting te laat voel met die gebruik van die items, beligting, klank en toneelspel. “Die vraag is geldig en billik omdat die verkragting van babas ‘n relevante maatskaplike kwessie is.”

Maroela Media het vroeër berig die verpligte vraag, wat gebaseer is op Laura Foot Newton se toneelstuk “Tshepang”, het van leerlinge vereis om deur middel van die genoemde items te beskryf hoe kinderverkragting dramaties uitgebeeld kan word. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elize Mans ·

Dit is nog steeds skokkend.Om sulke vrae te moet antwoord.Wie is die person van die Onderwys Departement wat sulke vrae opstel.Jy is siek.!!!!!!!!!!!!!!!!

Elize Mans ·

Dit is nog steeds skokkend.Om sulke vrae te moet antwoord.Wie is die person van die Onderwys Departement wat sulke vrae opstel.Jy is siek.!!!!!!!!!!!!!!!!

Henko ·

Hulle kan dit probeer regverdig soos hulle wil, dit is absoluut onaanvaarbaar. Verkragtings vind daagliks plaas, ek verbeel my ek het by ‘n geleentheid al gelees, elke 4 minute, maar om skoolkinders (wat nou gesien word as jong volwassenes) daarmee te wil opsaal en dit in ‘n vraestel, bly onaanvaarbaar. Ek hoop werklik die vraag word ongeldig verklaar.

linda van rooyen ·

die goed wat die vraestelle opstel is die goed wat die verkragters groot maak want dit is net n verkragter wat sal weet wat om met n baba, n besemstok en n brood te doen – goed is siek

Marga Mallo ·

Die Onderwysdepartement weet duidelik nie dat ‘n mens versigtig moet wees met “jong volwassenes” nie- ‘n saadjie ontkiem baie maklik by hulle! Dit sien ons tog met dwelmgebruik en ander euwels waarvoor die “jong volwassenes” so vatbaar is. A-nee-a, DIE vraag is NIE opvoedkundig nie!

Natasha ·

Ek dink regtig dit is baie siek!!! Die wereld is siek genoeg, en nou wil julle he dat ons jeug dit moet uitbeeld op verhoogstukke? As julle so graag wil he dat mense moet sien en “beleef” wat in hierdie onderstebo land van ons aangaan, hoekom is sulke goed nie eerder op die nuus en in die media nie? Want als word toegesmeer!!!!!! Get real!!!! Dit is sensasie vir siek mense om sulke tonele te wil uitleef en daarby gese, is dit sieker mense wat verwag dat ons Christelike jeug sulke vrae moet beantwoord!!!!!

Jasper ·

Die vraag kon “sekere” leerlinge wat reeds ervaring en kennis van die onderwerp het bevoordeel. Sies.

Yolanda Postma ·

Nee regtig, wat het van gewone “Shakespeare” drama geword, mens sien daagliks moord en verkragting sake op die nuus, hoekom ‘n verhoogstuk nog daaroor te skryf, jitte man en dan moet die gehoor die dade kan voel! Is dit mense met grade wat sulke vrae vra?

Estelle Piek ·

Dit is n interresante debat. Ek is n ouer van twee volwasse jongmense, 25 en 22, reeds gegradueerd. Dis net interresant hoe ouers hul kinders toelaat om Amerikaanse tiener “slapstick” met geweld, gevloek, openlike sekstonele en dwelmmisbruik oor en oor te kyk tot vervelens toe, maar as dit n Suid Afrikaanse probleem aanspreek, is dit ewe skielik “skokkend”. Is jul enigsins bewus waaraan jul kinders deur die Amerikaanse media op n daaglikse basis blootgestel word, of kyk julle nie self daarna nie?

Die onskuldige agtienjarige bloedjies weet baie meer as wat hulle voorgee. In my dae het jongmanne grens toe gegaan en n oorlog gaan veg op ons landsgrense en moes almal paraat wees en “‘bloed en guts”‘ kon hanteer en juis lankal voorbereid wees op hierdie soort situasies deur huis, kerk en skool vir n parate en volwasse jongmens wat die lewe kon ingaan en kon oordeel vel juis oor sulke situasies en op hul voete kon dink as dit van jou verwag word.Vandag se kinders se werklikheid is n videospeletjie op n rekenaarskerm.

Miskien is dit tyd dat die ouers weer hul kinders gereedmaak vir n buitewereld wat nie net rooskleurig geverf is nie, maar weet dat die grootste persentasie jong kinders in Suid Afrika grootword in n klein huisie wat so groot is soos n enkel garage en die hele gesin huisves en hulle op jong ouderdom aan verskriklike dinge blootgestel word; onder andere molestering en alkoholmisbruik en elke aand bang is en meeste aande honger gaan slaap.

Miskien moet ons besef dat ons “nie almal so is nie”.

Eers dan sal ons hierdie land kan opbou en kan heelmaak en by mekaar kan uitkom.

Die vraag is: WWJD

Ons dra die bandjies om die arm, maar as dit nodig is om dit vanuit die hart te laat uitkom, is dit baie moeiliker…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.