“Almal het die reg om hulself op die wyse uit te druk. Kom ons onthou dat dit skoolkinders is,” het Nkosinathi Sishi, hoof van die provinsiale onderwysdepartement, gesê. Die ANC het vroeër sy skok uitgespreek oor die T-hemde met die gesigte van onder andere president Jacob Zuma, oudpresident Nelson Mandela en Bheki Cele, voormalige polisiehoof, se gesigte op. Dit het ook die onderskrif “fakers since 1994” bevat .Die T-hemde is deur leerlinge van die Westville Boys High School gemaak en Dinsdag by die Westville Market-winkelsentrum uitgestal. Sishi sê hy wil nie hê die voorval moet gepolitiseer word nie. Hy het die skool geloof as een van die beter skole in die departement en sê die skool het baie bereik onder die leiding van die skoolhoof Trevor Hall. “Ek dink dit is ʼn skool wat ondersteun moet word.”
Senzo Mkhie, woordvoerder van die ANC, het vroeër gesê: “Ons sien dit as ʼn aanval op die ANC en op die land aangesien die Suid-Afrikaanse vlag in die agtergrond vertoon word. Dit is onaanvaarbaar dat die skool se bestuur die individue met hul eie agendas toegelaat het om die leierskap van die land so te verkleineer en beledig.”
Die waarheid maak seer…
Baie skerp!!! ANC is net jaloers omdat hul nie so iets kan uitdink nie!! Hie-hie!!!