Onderwysdepartement verdedig T-hemde-skool

Foto: Politicsweb

Foto: Politicsweb

Skoolkinders sê kunswerke moet nie vir politieke gewin gebruik word nie, het die KwaZulu-Natalse departement van onderwys gesê in reaksie op die ANC se onsteltenis oor satiriese T-hemde wat deur leerlinge van die skool gemaak is.

“Almal het die reg om hulself op die wyse uit te druk. Kom ons onthou dat dit skoolkinders is,” het Nkosinathi Sishi, hoof van die provinsiale onderwysdepartement, gesê. Die ANC het vroeër sy skok uitgespreek oor die T-hemde met die gesigte van onder andere president Jacob Zuma, oudpresident Nelson Mandela en Bheki Cele, voormalige polisiehoof, se gesigte op. Dit het ook die onderskrif “fakers since 1994” bevat .Die T-hemde is deur leerlinge van die Westville Boys High School gemaak en Dinsdag by die Westville Market-winkelsentrum uitgestal. Sishi sê hy wil nie hê die voorval moet gepolitiseer word nie. Hy het die skool geloof as een van die beter skole in die departement en sê die skool het baie bereik onder die leiding van die skoolhoof Trevor Hall. “Ek dink dit is ʼn skool wat ondersteun moet word.”

Senzo Mkhie, woordvoerder van die ANC, het vroeër gesê: “Ons sien dit as ʼn aanval op die ANC en op die land aangesien die Suid-Afrikaanse vlag in die agtergrond vertoon word. Dit is onaanvaarbaar dat die skool se bestuur die individue met hul eie agendas toegelaat het om die leierskap van die land so te verkleineer en beledig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JB ·

Baie skerp!!! ANC is net jaloers omdat hul nie so iets kan uitdink nie!! Hie-hie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.