Onderwyser al agt jaar met siekverlof

ʼn Onderwyser van KwaZulu-Natal is reeds die afgelope agt jaar met siekverlof en ontvang steeds ʼn salaris van departement van onderwys.

The Witness berig dat die onderwyser op 15 Oktober 2004 die laaste keer in die klaskamer was en die departement van onderwys R397 911 uit die sak gejaag het vir 1 615 skooldae. Nog ʼn onderwyser van die eThekwini-streek was op 18 April 2007 die laaste keer in die klaskamer en het die onderwysdepartement R1 022 484 gekos vir die 1 119 dae wat hy op siekverlof was. Die onderwyser het meer verdien aangesien hy op ʼn hoër salarisvlak is. Die departement sê hy is van voorneme om die geld wat aan die onderwysers betaal is terwyl hulle op siekverlof was terug te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Brenda ·

Sal nogal interessant wees om te weet presies HOE die departement van voorneme is om die geld terug te kry! Sulke blatante agterlosigheid en diefstal behoort in die EERSTE plek NOOIT plaas te gevind het nie. Hulle kan maar vergeet om OOIT die geld terug te kry. Net soos Zuma NOOIT sal erken dat NKANDLA se miljoene rande -opknappingswerk met BELASTINGBETALERS se geld gedoen word nie!!

SANETTE HENNING ·

Dis dalk nog boonop n spook onderwyser Kan ek ook onderwys gaan gee in Kwazulu Natal genade dit gaan mos lekker daar.Nee Brenda hul gaan dit nie terugeis nie die fout sal net so stil stil verdwyn want niemand gaan aanspreeklikheid daarvoor aanvaar dis mos hoe hul werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.