Onderwyser beseer in valskermongeluk

Argieffoto

Mariette Loubser, ‘n jong onderwyser van Johannesburg, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal ná ‘n valskerm-ongeluk naby Carletonville.

Loubser (25) van Winchester Hills in die suide van Johannesburg, het Saterdag ‘n statieselynsprong van 3 600 voet saam met die Johannesburgse Valskermklub (JSC) skeefgeloop het, berig Beeld. Dit was haar tweede sprong.

“Sy het ‘n goeie sprong uit die vliegtuig uitgevoer,” het Eugene Potgieter, voorsitter van JSC, gesê. “Nadat haar valskerm oopgemaak het, het dit begin tol.”

Loubser het haar linkerlong in twee plekke geskeur, agt ribbes gebreek, haar pelvis op twee plekke gebreek, en haar linkerbeen gekraak. Sy het ook werwels in haar nek en rug gekraak en bloeding op die brein opgedoen. Sy is met ‘n helikopter na Milpark-hospitaal gehaas waar ‘n noodoperasie uitgevoer is.

Gert Loubser, Mariette se pa, sê hy is baie besorg oor die tekort van noodbehandeling wat by die landingsplek beskikbaar was. “Die klub moes haar dadelik kon help het, dit was vreeslik om te wag,” het hy gesê. Volgens Gert het die familie 30 minute vir nooddienste gewag.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.