Onderwyser draai stokkies want hy het glo “oor ‘n kind gery”

Derek McGlone (42) van Hoërskool Calderhead in Skotland was glo bekend daarvoor dat hy allerhande leuens vertel het om by die huis te bly, maar hy het onlangs die kersie op die koek gesit toe hy gesê het hy het ‘n kind doodgery.

Tydens ‘n verhoor van die Algemene Onderwysersraad in Skotland het McGlone erken dat hy talle kere gelieg het oor sy afwesigheid by die skool tussen Junie 2008 en Mei 2011. Dié musiekonderwyser het egter onlangs aan skoolbeamptes gesê dat hy ‘n skooldogter met sy kar doodgery het, berig die Telegraph. Joyce Kilmartin, hoof van die skool, sê hy het vertel hy het gevoel hoe hy oor haar liggaampie ry. Hy het ook een keer van sy huis in Glasgow gebel en gesê hy sit in Ysland vas weens ‘n vulkaniese aswolk.

McGlone het glo onder die invloed van alkohol op Facebook teen sy kollegas uitgevaar nadat hulle hom by die raad aangegee het. McGlone het intussen bedank, maar sê nou dat hy graag weer wil terugkeer na die onderwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.