Onderwyser een maand se salaris kwyt na sy glo kind slaan

ʼn Onderwyser van Brits het tydens ʼn interne verhoor van die departement van onderwys skuldig gepleit op aanranding van ʼn graad 1-leerling.

Die onderwyser, Tebogo Marothodi van Laerskool Frikkie Smit in Skeerpoort naby Brits in die Noordwes-provinsie, is een maand se salaris kwyt as straf, het The Times Maandag berig. Sy staar steeds ʼn kriminele klag in die gesig van aanranding met die doel om ernstige skade aan te rig by die landdroshof in Brits. Die kind, Benjamin Amogelang Nakedi (8) sê hy is glo vyf keer met ʼn swartborduitveër op die regterhand geslaan nadat hy glo die klas ontstig het. Die voorval het verlede jaar plaasgevind. Die seun was vir ʼn week lank in die hospitaal en moes twee operasies ondergaan om ʼn houtsplinter wat in sy duim vasgesit het, te verwyder. Sy gesin het ʼn siviele klag vir pyn en lyding teen die onderwysdepartement van R300 000 ingedien en om die hospitaalonkoste te dek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.