Onderwyser se lyk in bed gekry

ʼn Onderwyser se liggaam is Woensdag in sy huis in Somerset-Oos in die Oos-Kaap gevind.

Kapt. Justin Petrus, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 49-jarige onderwyser se huiswerker het omstreeks 9:00 Woensdagoggend op sy lyk afgekom waar dit “vol bloed” in sy bed gelê het. Hy het verskeie steekwonde opgedoen. Petrus sê daar is ʼn tuinvurk langs die liggaam gevind. Hy sê dit is nog nie duidelik hoe die moordenaar toegang tot die huis verkry het nie. Petrus sê die oorledene was ʼn onderwyser by die William Oates Gedenkskool in Somerset-Oos. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.