Onderwyser skuldig aan wangedrag

‘n Onderwyser wat glo ‘n skooldogter ontvoer, bedwelm en verkrag het, is tydens ‘n tugverhoor skuldig bevind aan growwe wangedrag.

“Ons wag steeds om te hoor of enige kriminele klagtes teen die onderwyser gelê gaan word,” het menseregtegroep Section27, Vrydag gesê. ‘n Klag is in Februarie verlede jaar teen die onderwyser by die departement van onderwys in Gauteng ingedien. “Die onderwyser is aanvanklik in ‘n tugverhoor onskuldig bevind,” het Charles Phahlane, woordvoerder van die departement, gesê. “Die hoof van die departement in Gauteng het appèl teen dié uitspraak aangeteken. Die appèlverhoor is toegestaan en die onderwyser is uiteindelik skuldig bevind.”

Phahlane sê die volgende stap is om te bepaal watter stappe teen die onderwyser gedoen gaan word. “As departement verwelkom ons die uitspraak. Ons sal nie huiwer om stappe te doen teen onderwysers wat hul posisies van outoriteit misbruik nie.”

Section27 sê die wet bepaal dat enige onderwyser, wat skuldig bevind word aan wangedrag, dadelik afgedank moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.