Onderwyser, tronkbewaarder vas ná vlaag veediefstal

Die toneel nadat 31 skape op ʼn plaas buite Steynsrus in die Vrystaat deur veediewe geslag is in Junie 2016. Foto: Arnold Smith

Vyf vermeende veediewe, waaronder ʼn laerskoolonderwyseres en ʼn tronkbewaarder, is Maandag in Steynsrus in die Vrystaat in samewerking met boere van die plaaslike gemeenskap vasgetrek.

Ao. Loraine Earle, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig daar is 16 skaapkarkasse in die kattebak van die verdagtes se voertuig gevind.

“Twee van die verdagtes is ʼn vroulike laerskoolonderwyseres en haar man wat by die korrektiewe dienste in Kroonstad werk. Die drie ander mans is werkloos,” het Earle gesê.

Sy het bygevoeg dat die gerugte wat meld dat ʼn ampsmotor gebruik is in die pleeg van die misdaad onwaar is. “Dit was die tronkbewaarder se persoonlike voertuig.”

Die verdagtes is Edwin Sello Mothobi (52), Matsediso Suzan Mothobi (52), Alfonse Nthodi Mofokeng (35), Ssamyel Montshehi Monatisa (43) en Geelbooi Tsekeli (25).

Earle het gesê die verdagtes is glo vasgetrek deur boere wat ʼn operasie in die gebied gehou het om die vermeende diewe in te wag.

Die verdagtes het Dinsdag in die Lindley-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde vee en veediefstal. “Die saak is tot Donderdag uitgestel wanneer hulle moontlik sal aansoek doen om borgtog.”

Die verdagtes bly tot dan in aanhouding.

Niekie Grobler, veiligheidskoördineerder van Steynsrus, het aan Maroela Media bevestig dat dit ʼn plaaslike boer, Kobus Watson, se lammerkarkasse was wat in besit van die verdagtes aangetref is.

Hy het ook gesê veediefstal is ʼn reuseprobleem in hulle distrik. Volgens hom is daar tussen 2013 en 2016 byna R6 miljoen se vee in die gebied gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SKANDELIK ·

Dit is nou die tipe onderwysers en korrektiewe beamptes wat jy deesdae kry en wat ‘n voorbeeld aan kinders moet wees en hulle moet onderrig. En moenie se dit is ‘n uitsondering nie, hulle is maar net gevang, die ander het weggekom. BAIE bly hulle is gevang, maar ek het ‘n vermoede hulle gaan binnekort vrygelaat word en nie ‘n dag se tronkstraf kry nie .. daar is mos verskillende wette en reels in SA vir verskillende mense. As die BOERE hulle ook nie gevang het nie het niemand nie, want duidelik het die ou in die ”korrektiewe dienste” genoeg kontakte om alles op te kon cover.

Eish ·

Dit is presies oor sulke optrede deur diegene wat veronderstel is om leiersposisies in die gemeenskap te bekleë, dat korrupsie en sy bedmaats nie uitgeroei sal word in die helhool nie. Die psige van die meerderheid inwoners is intens verweef aan dié klas van optrede oor milenia reeds. Hierdie is nie honger mense nie, hul kry goeie salarisse, dit is eenvoudig gierigheid wat bloots gery word op n tweedeklasburger se bates.

thelsa ·

Sommige onderwysers word hopeloos te min betaal en moet hulle dan tot alternatiewe inkomste wend in hierdie edele beroep

Ronel ·

so, veediefstal of enige ander misdaad is die alternatief?

Muffin ·

Onderwyseres en tronkbewaarder. Onaanvaarbaar. As sekere Ministers en Presidente kan doen wat hulle wil word daar seker gedink hulle mag ook doen wat hulle wil .

Dries ·

Daar sal niks van kom, volgende week gaan hulle maar weer aan met hul daaglikse lewe.

Cor ·

Hier word gepraat van n beskermde spesie wat kan ontein en herverdeel sonder vergoeding . Die spesie word in die grondwet beskerm met regte, wigte en teen wigte. Die minderheid het nie n se oor sy eiendom en besittings nie. So dit is sekerlik die eerste en laaste wat ons in die media sal lees van dit, die dosier gaan verdwyn en die bewys stuke nl, die karkasse is lankal herverdeel want dit kan nie solank bewaar word nie.

Tammy ·

ja, dis n goeie storie vir nou, maar ons sal nie maklik weer hiervan hoor nie en alhoewel die mense wat opgetree het teen die misdadigers n uitstekende werk gedoen het, dink ek hulle het hulle kosbare tyd gemors om te dink hierdie lot gaan in die tronk gestop word. Hoop maar net dat dit as goeie afskrikmiddel gedien het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.