Onderwyser vas na hy glo leerlinge verkrag

ʼn Onderwyser van ʼn hoërskool in Daveyton aan die Oos-Rand is in hegtenis geneem nadat hy glo minstens 11 leerlinge verkrag het.

EWN berig dat die 46-jarige onderwyser Woensdag deur die polisie in hegtenis geneem is. Die beweerde verkragtings het glo aan die lig gekom toe een van die leerders gedurende ʼn lesing oor seksuele misbruik vir die skoolhoof vertel het sy is verkrag. Volgens nog meisies wat hierna na vore gekom het, het die graad 11-onderwyser glo aan leerlinge gesê om na klas te bly sodat hy hulle met hulle huiswerk kan help waarna hy hulle glo verkrag het. Die onderwyser sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.