Onderwyseres glo seksueel aangerand

skool 2‘n Onderwyseres van Germiston in Gauteng is glo seksueel aangerand deur ‘n 16-jarige leerling, het Beeld Saterdag berig.

Die skool en die beheerliggaam wou nie kommentaar lewer oor die voorval nie en het die koerant na die departement van onderwys in Gauteng verwys. Gershwin Chuenyane, woordvoerder van die departement, het die voorval, wat Maandag in die onderwyseres se klaskamer plaasgevind het, bevestig. “Die skolier is in hegtenis geneem, en in die sorg van sy ouers vrygelaat,” het Chuenyane gesê.

Die leerling is ook vir sewe dae lank geskors.

Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het hulle verklarings afgeneem van die onderwyseres, die leerling en ander ooggetuies. Die saak is aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig wat sal bepaal of die leerling vervolg moet word.

Die onderwyseres ontvang glo traumaberading.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nee ·

Joan Fubbs Wie word verkrag en vermoor in hierdie land? Is daar voorbeelde waar Blankes die lokasie ingaan en Swartes vermoor? Is daar enige voorbeelde van Blankes wat swartes verkrag?

Is ons as Blankes nie geregtig om ons saak te stel nie? Is dit net die swartes soos Malema mag se wat hy wil?

Ons as Blankes is moeg vir di slap regering en polisie wat nie misdaad kan hanteer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.