Onderwyseres vas na verhouding met leerder

ʼn Onderwyseres aan die Hoërskool Mafikeng in Noordwes is geskors en in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn verhouding met ʼn 16-jarige leerder gehad het.

Lesiba Moses Kgwele, woordvoerder van die skool se beheerliggaam, sê die 37-jarige getroude onderwyseres is daarvan aangekla dat sy ʼn onbehoorlike verhouding met ʼn leerder gehad het. Hy sê die onderwyseres moes voor ʼn dissiplinêre komitee verskyn maar het ʼn bedankingsbrief ingedien. Die beheerliggaam het egter haar bedankingsbrief geweier en sy is geskors. Kgwele sê die ma van die 16-jarige leerder het op 20 Oktober ʼn klag ingedien nadat sy onstellende inligting op haar seun se selfoon gevind het. Hy sê die materiaal wat op die seun se selfoon gevind is, was genoegsaam om die onderwyseres skuldig te bevind en te skors. Die onderwyseres en leerder was glo vir langer as ʼn jaar in ʼn verhouding. Lt. kol. Lesego Metsi, woordvoerder van die polisie, sê die onderwyseres is in hegtenis geneem en het Vrydag in die Mmabatho-landdroshof verskyn. Sy is op borgtog van R700 vrygelaat en die saak is tot 5 Maart uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.