Sowat 25 000 mense gaan na verwagting vandag aan ʼn landswye betoging van Cosatu en die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) deelneem.
Cosatu en Sadou gaan onder andere in Kaapstad en Pretoria teen die departement van basiese onderwys betoog. Met die betoging wil die vakbonde druk uitvoer sodat Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, en Bobby Soobrayan, die minister se direkteur-generaal, bedank.
Die departement van onderwys het Dinsdag weer onderwysers gewaarsku wat aan die betoging gaan deelneem, dat daar dissiplinêr teen hulle opgetree gaan word.
“Skoolhoofde wat nie registreer watter onderwysers Woensdag vir diens opdaag nie, sal ook onderwerp word aan dissiplinêre prosedures,” het Panyaza Lesufi, die departement sê woordvoerder, gesê.