Onderwysers geskors ná verdrinking

swimming-pool3Drie onderwysers van die Skool vir Blindes in Christiana is geskors ná ‘n negejarige leerling hier verdrink het.

“Die drie is geskors gebaseer op die uitslag van ‘n voorlopige ondersoek,” het Brian Setswambung, woordvoerder van die departement van onderwys in Noordwes, gesê. “Die departement is van mening dat daar ‘n prima facie saak van nalatigheid bestaan.”

Maroela Media het vroeër berig Sikhona Mogapi, ‘n graad 2-leerling aan die skool, het op 15 September verdrink. Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, het in daardie stadium gesê die leerling het moontlik oor die heining rondom die swembad geklim. Hy het geen opsigtelike beserings gehad nie.

Wendy Matsemela, LUR vir onderwys, het Woensdag gesê ‘n taakspan sal die voorval ondersoek en ‘n verslag indien. Sy sê daar is streng maatreëls in plek gestel om leerlinge en onderwysers van enige “moontlike bedreigings en gevare” binne die skoolomgewing te beskerm. “Die departement spits homself daarop toe om ‘n veilige en gelukkige omgewing vir ons leerders te skep,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.