Ongeluk gebeur reg voor noodpersoneel

‘n Motorfietsryer is dood, ‘n skoolseun in ‘n kritieke toestand en die bestuurder van ‘n motor is ernstig beseer tydens twee verskillende ongelukke Maandagmiddag op die M4-suid naby Himalayaweg.

“Die skoolseun, moontlik 11 jaar oud, het in die pad gelê toe nooddienspersoneel by die toneel opgedaag het,” het Derrick Banks, woordvoerder vir ER24, gesê. ‘n Ligte voertuig het daar naby gestaan. Terwyl paramedici die seun behandel het, het ‘n tweede ongeluk reg voor hulle plaasgevind. ‘n Motorfietsryer is deur ‘n ligte voertuig getref. Die motorfietsryer het deur die lug getrek en het op die betonmuur van die M4 geland. Die nooddienspersoneel het hulle na die toneel gehaas, maar die motorfietsryer het reeds aan sy beserings beswyk. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die ligte voertuig, wat die motorfietsryer omgery het, het vermoedelik nek- en rugbeserings opgedoen. Die bestuurder en die skoolseun is vir verdere behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Die betrokke owerhede was op die toneel en sal die ongelukke verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.