Ongeluk lei tot brand by fabriek

Foto: ER24/Twitter

ʼn Motorongeluk Saterdagaand in Kempton Park, Johannesburg het tot ʼn brand by ʼn fabriek gelei.

Glen Orritt, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het omstreeks 19:00 Saterdagaand op die hoek van Jet Park- en Griffithsstraat plaasgevind. Orritt sê die bestuurder van die motor het beheer verloor waarna die motor die pad verlaat en in ʼn winkel by die verffabriek ingeploeg het. Orritt sê die motor het aan die brand geslaan. Hy sê die insittendes van die motor het na bewering kort na die ongeluk van die toneel gevlug. “Die brand het intussen versprei en paramedici het die brandweer ontbied.” Orritt sê niemand is in die brand beseer nie en die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.