Ongeluk op N1 eis sewe

Argieffoto. Foto: Netcare 911

Sewe mense is Sondag dood en nege het ernstige beserings opgedoen nadat hul voertuig op die N1-snelweg naby Modimolle in Limpopo in ʼn botsing betrokke was.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare911, het gesê ʼn voertuig en ʼn minibustaxi was in die ongeluk betrokke. “Sewe mense is op slag dood, twee het kritieke beserings opgedoen en sewe het ernstige beserings opgedoen,” het Steinmann gesê.

Die beseerde mense is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na nabygeleë hospitale geneem vir verdere mediese behandeling.

Dit is in dié stadium nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.