‘n Werknemer van die brandweer in KwaZulu-Natal, wat vroeër in ‘n muur en ‘n brandkraan vasgejaag het, het nou die stasie se enigste en splinternuwe bakkie afgeskryf.
Dit is die vrou se derde ongeluk met munisipale voertuie en vrae word nou gevra waarom sy die nuwe bakkie kon bestuur. Sy het vroeër met ‘n brandweervoertuig in ‘n muur vasgery op die stasie se gronde, en amper ‘n kollega omgery. Toe het sy glo in ‘n brandkraan vasgejaag.
In die jongste ongeluk het sy glo Sondag om 06:00 ongemagtig met die voertuig gery. As mens na die toestand van die bakkie kyk, lyk dit glo of sy in ‘n boom of ‘n paal vasgejaag het. Die eenheid het die bakkie in Oktober 2012 ontvang. Ondanks finansiële probleme, was dit deel van die Msunduzi [Pietermaritzburg]-munisipaliteit se vloot van 50 nuwe bakkies. Daar is bewerings dat die jongste ongeluk moontlik geheim gehou sou word, aangesien sy vir ‘n bevordering aanbeveel is. Brian Zuma, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê ‘n ondersoek sal gedoen word.
het sy n wettige bestuurslisensie of is dit net aan haar uitgeryk duidelik kan sy nie bestuur nie laat haar vir skade van ongemagtigde rit betaal SJOE