Onluste in Noordwes duur voort

Die polisie het weer Donderdagaand met traanrook en rubberkoeëls op betogers in die Mahikeng-omgewing losgebrand nadat hulle paaie met brandende bande versper het en motoriste met klippe bestook het. Foto: Reuters

Inwoners van Montshiwa naby Mahikeng in Noordwes moes Donderdagaand vlug toe die polisie weer met rubberkoeëls en traanrook op betogers losgebrand het.

Volgens berigte het oproermakers twee strate na Mahikeng met brandende bande en klippe versper. Motoriste en die polisie is ook met klippe bestook.

Die inwoners is woedend oor die swak dienslewering in die gebied. Hulle eis dat hulle nou elektrisiteit, ʼn kliniek en gemeenskapsaal kry wat al vir vyf jaar lank aan hulle belowe word.

Volgens die Noordwes-polisie het 27 betogers Donderdag in die hof verskyn nadat hulle ook paaie versper het. Die betogers, wat tussen 19 en 65 jaar oud is, is met ʼn waarskuwing vrygelaat en sal weer op 18 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.