Onluste in tronke sal nie geduld word nie, sê minister

Die minister van korrektiewe dienste het Dinsdag gesê onluste wat deur gevangenes in tronke aangehits word, sal nie geduld word nie.

Gevangenes in die Groenpunt-gevangenis in Deneysville in die Vrystaat he laat Maandagmiddag ʼn gedeelte van die tronk aan die brand gesteek. Onluste het omstreeks 16:00 by die gevangenis uitgebreek nadat gevangenes glo geweier het om te eet en dele van die tronk aan die brand gesteek het. Die gevangenes se besware sluit onder meer die gehalte van voedsel in. Lees meer hier.

“Alhoewel die departement van korrektiewe dienste homself ten volle daartoe verbind om elke gevangene menslik te behandel, sal daar streng teen onluste opgetree word,” het minister Sibusiso Ndebele gesê. “Die rehabilitasie van oortreders, veiligheid en ordelike bewaring is twee kante van dieselfde munt. Die balans tussen veiligheid, beheer en geregtigheid is egter van die grootste belang en sal die prioriteit bly,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.