Onnie gepos oor ringe op geslagsdeel

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van onderwys in Gauteng het die afdanking van ʼn hoërskoolonderwyser in Pretoria verwelkom nadat hy leerlinge glo gehelp het om penisringe te kry.

“Geen skool of onderwyser mag dit doen nie, ons verwelkom die besluit deur die skoolbeheerliggaam om hom af te dank,” het Gershwin Chuenyane, woordvoerder van die departement, Woensdag gesê.

EyeWitness News het vroeër berig ʼn tugverhoor is gehou en die onderwyser is verlede week in kennis gestel van sy afdanking. Die man het glo drie tienerseuns geneem om penisringe te kry. Hy het glo self ook ʼn penisring ten aanskoue van die seuns gekry. Hy het glo ook penis-pastavorms aan die seuns gegee.

Die onderwyser is glo deel van ʼn bekende Afrikaanse volksmusiekgroep.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.