Onnie by Hoërskool Sasolburg geskiet

geweerʼn Onderwyser van Hoërskool Sasolburg in die Vrystaat is Vrydag by die skool deur ʼn leerling geskiet.

Margaret Reynders, die skool se adjunkhoof, het Vrydag aan Maroela Media bevestig die onderwyser, ʼn man in sy 40s, is op die skoolgronde in sy kuit geskiet.

Die voorval het omstreeks 11:00 plaasgevind en paramedici en die polisie was kort na die voorval op die toneel. Die rede vir die skietery is nog nie bekend nie.

Volgens Reynders het die betrokke leerling (15) vir die afgelope vier maande terapie ontvang om sy woedebuie te beheer en is hy op medikasie. “ʼn Sielkundige by die skool het hom ook behandel,” het Reynders gesê. Volgens Reynders het die departement gesê die leerling hou nie ʼn gevaar in vir die samelewing nie, en is toegelaat om skool toe te gaan.

Die leerling het, voordat hy die onderwyser geskiet het, glo ook dieselfde vuurwapen op ʼn onderwyseres gerig.
“Die leerlinge en die onderwyseres wat die voorval aanskou het, het traumaberading ontvang,” het Reynders gesê.
Die leerling is in hegtenis geneem en na ʼn plek van veiligheid geneem. Die onderwyser is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling en is volgens Reynders “nou in goeie hande”.

Volgens Reynders het hulle nie ʼn idee hoe die seun aan die vuurwapen gekom het nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

Dié aanval volg skaars twee dae nadat ʼn graad 8-leerder aan die Hoërskool Glenvista in Johannesburg ʼn onderwyser met ʼn besemstok aangerand het. ʼn Video van dié aanval is op YouTube gelaai. Klik hier vir meer inligting en om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Walla ·

Dit is omdat die kinders nie meer gedonder word by die skole nie……….woedebuie se voet wat van die onnies wat hulle woede moet beteul

Erich Goosen ·

Daar is ‘n aantal tergende vrae wat gevra kan word. Was dit ‘n rassevoorval? Hoe het die leerder aan die wapen gekom? Dit is tragies hoeveel voorvalle van gewelddadige leerders, onnies wat pappagaaislaai rook en dies meer is deesdae aan die orde van die dag. Boerdery lyk my is nie meer die gevaarlikste beroep nie.

Fransie ·

Liewe land …… persoonlik dink ek dat kinders heeltemal met te veel wegkom. Waar is die dae dat jy sy verstand vanaf sy/haar boude na die kop voeter. Babas word met hul verstand in die boude gebore die dat kinders so nou en dan gewiks moet word. Doen weg met die gepraat en gepraat en gepraat kinders luister in elk geval nie na wat jy vir hulle se nie – dissipline moet op een of ander manier weer in hulle koppe geprent word. Wat gaan van ons wereld word????

H J Bester ·

Fransie, die punt is maar net eenvoudig dat die Departement van Onderwys nie die kundigheid en oordeel het om die swak dissipline wat heers raak te sien of behoorlik te beoordeel nie. Ek kan ook nie rede sien dat die situasie binnekort sal verander nie – dus moet mens maar aanvaar dat die toestand net verder sal verswak.

Stoere Boer ·

Nee kyk waar gaan dit einde kry? Om ons kinders geleer te kry sal ons maar na ons eie skole (CVO) moet gaan. Meer onderwysers sal ook hul toevlug binnekort soontoe moet neem om te oorleef.

Nanya ·

Ek is n onderwyseres by ‘n skool in Pretoria. Ek kan met alle eerlikheid se dis nag!! Kinders kan jou vloek en op jou skreeu maar jy mag nie jou stem verhef nie. Ek sit met ongeveer 35 leerders in ‘n klas en word daagliks gedreig. Die departement se net: “gee hulle nog ‘n kans.” Dan word daar gewonder hoekom niemand meer onderwysers wil wees nie!

Mariette Hammann ·

Niemand weet nog wat die volle storie is nie. Dis tragies dat sulke dinge gebeur. Dis darem gou om vir die kind se skorsing te vra as niemand weet wat voor die tyd gebeur het nie.

Amy ·

Wat nou nog!!!??? Kan dinge erger gaan???
O ja, nou weet ek sommer hoekom ons matriekslaafsyfer so laag is.

Dinknet ·

GEEN “volle storie” regverdig die rig van n vuurwapen op n onderwyser of die afvuur van n skoot op n onderwyser nie!! Ek sé ook dankie vir die feit dat my kinders gelukkig is om n CVO skool te kan bywoon! Hul respekteer hul onderwysers en daarom word hul ook gerespekteer!

Jasper ·

@Marriette Hamman. Ja dit is tragies. Wat die kind aangevang het is teen alle regulasies en die wet, ongeag sy redes. Dit is omdat mense redeneer soos jy,dat hierdie samelewing is soos hy is.

Smit A ·

Ek self was nie te lank terug op skool en ons groep het respek getoon teenoor die onderwysers en ouers. Als begin by die huis. Dit is ‘n jammer dat die jong generasie so optree teenoor die ouer mense. Was dit ek, sou my Ma my ‘n duur les geleer het en ek sou dit voel. Die boompie moet gebuig word.

Nanya ·

Daar is seker ‘n storie agter elke storie totdat dit een van jou geliefdes is waarop die wapen geteiken is. Huiswerk of ‘n slegte punt is genoeg om ‘n onderwyseres te klap- praat uit ondervinding uit. Mense wat die storie regtig wil uitvind moet regtig vir ‘n kwartaal probeer vir gr9 of gr10 skool hou. Daar gaan nie meer poste oop vir onderwysers omdat die geld meer is nie maar omdat dit veiliger is!

Elna Kupke ·

Ek voel so ‘n kind moet vir ‘n bepaalde tyd geskors word. Dit moet geld vir alle soortgelyke gevalle wat tans kop uitsteek – hul sien dit op die nuus en dink dit is nou ‘n nuwe manier van aandag trek!!

Leonor ·

Mense sit jou kind in ‘n CVO skool,hoe meer kinders ons daar gaan insit hoe laer sal die skoolfonds wees, dit is die beste vir al ons wit kinders daar is Godsdiens nog aan die orde van die dag en dissipline word toegepas

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.