Onnie in hof oor verkragting

hofhamertjie31ʼn Onderwyser van Kaapstad het Woensdag in die Blue Downs-landdroshof verskyn op aanklagte dat hy ʼn 12-jarige meisie verkrag het.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 24 Oktober uitgestel. Die 39-jarige onderwyser bly in aanhouding. Van Wyk sê die onderwyser is vroeër die week in hegtenis geneem nadat die meisie se pa die polisie genader het. Hy sê die onderwyser het die meisie glo verskeie kere ʼn saamrygeleentheid aangebied waarna hy haar na sy huis geneem en verkrag het. Van Wyk sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat ander leerlinge ook deur die onderwyser seksueel aangerand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ek ·

Dankie dat die gemors nie borg gekry het nie. Dit is baie onrusbarend dat sulke mense eers na ‘n paar keer of self ‘n paar jaar eers gevang word.

Hanlie ·

Dit is die 2de geval in ‘n week waar ‘n onderwyser gevang is wat ‘n skoolkind verkrag of voorberei het (ge-“groom” het soos die pedofiele daarna verwys). Dit is die mense waaraan ons ons kinders toevertrou om aan hulle ‘n opvoeding te gee – dit is verskriklik!
Aan die anderkant vir ‘n pedofiel is die skoolgrond mos net die regte plek!
Ek kan aan ‘n goeie straf vir hulle dink….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.