Onnie kry borg na moord op vriendin

Petri Breedt. Foto: Facebook

Petri Breedt. Foto: Facebook

ʼn Onderwyser is op borgtog van R2 000 vrygelaat in die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat waar hy tereg staan op aanklagte dat hy sy vriendin Petri Breedt (26), ook ʼn onderwyser, vermoor het.

OFM berig dat John Cordier (34) weer op 4 April in die hof sal verskyn. Volgens die berig is Cordier Donderdag in hegtenis geneem. Breedt is verlede Vrydagaand bewusteloos op ʼn sypaadjie in die dorp gevind. Sy is die volgende dag in die Medikliniek in Bloemfontein oorlede. Sy het glo kopbeserings opgedoen.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Slim Daan ·

Kom nou Maroela. Pragtige leerkrag seker onderwyseres ???
Verskoon my onkunde. Waarom so n lae profiel ( en beriggewing ) oor die saak ? Wis niks! ( Slim of nie. )

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.