Onnie ná 2 dae gered van Drakensberg

Elmarie Mackier, ʼn onderwyseres van die Wes-Kaap, moes twee aande in koue en gure weer op die Drakensberg deurbring terwyl sy gewag het dat hulp opdaag.

IOL berig Mackier (41) en vyf ander mense het op ʼn afgeleë gebied van die Drakensberg naby Rhodes gaan stap, toe sy geval en haar been gebreek het.

Die groep was op ʼn vyfdag-staptog. Hulle het weens slegte weerstoestande besluit om die staptog te laat vaar. Mackier het op pad terug na die beginpunt gegly.

Die ses mense het Saterdagaand buite in die koue spandeer nadat hulle nie ʼn rivier kon oorsteek om by ʼn oornaghut uit te kom nie. Hulle het haar Sondag na hoër grond, sowat 2 500m bo seespieël, gedra waar hulle selfoonontvangs kon kry om hulp te ontbied.

‘n Reddingspoging is Sondagaand van stapel gestuur en het Maandag geëindig. Mackier is met ʼn helikopter na die St Augustine’s-hospitaal geneem. Die ander stappers is ook per helikopter na veiligheid geneem.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.