Onnie swaar gevonnis ná hy met seuns lol

Argieffoto

Jacques Strydom, ʼn voormalige sportafrigter by Hoërskool Hugenote in Springs in Gauteng is Maandag in die Benoni-streekshof gevonnis.

Strydom (29) is 21 jaar tronkstraf opgelê nadat hy twee seuns verkrag en drie seksueel aangerand het, het Beeld Dinsdag berig. Hy is in 2009 in hegtenis geneem nadat vyf leerlinge aan die hoërskool klagtes teen hom gelê het. Hy het voor landdros Ian Cox op al vyf aanklagte skuldig gepleit.

Slegs een van Strydom se slagoffers was Maandag in die hof. Dié seun, wat in graad 8 was toe die voorval plaasgevind het, was emosioneel toe Cox uitgewys het dat die slagoffers vir die res van hul lewens die gevolge van Strydom se dade gaan dra. “Jy het jou posisie as afrigter misbruik om naby die kinders te wees, om jou eie seksuele behoeftes te bevredig,” het Cox gesê.

Hy het gesê Strydom het kwesbare of probleemkinders geteiken en misbruik.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Franscios ·

Hierdie is eerstens die skool se skuld. Mense wat aangestel word se agtergrond moet eers nagegaan word voordat die aanstelling gedoen word. Tweedens, volgens Beeld het die ander onderwysers geweet dat hy by die seuns slaap tydens sporttoere: dit is weereens net nalatigheid en onmenslik dat onderwysers so optree. Ek kan hierdie se omdat ek self ’n onderwyser is en weet waar lê die perke van verhoudings met leerders en wat die prosedure is om so iets te voorkom. Die skool se bestuur en die onderwysers wat geweet het, moet ook verantwoordelik gehou word vir hierdie insident.

De Wet Momberg ·

Dis vieslik ! Hoop maar hy kry dieselfde behandeling in die tronk ! Hoop hy sal dan verstaan wat hy gedoen het!

Marlene ·

Hoe wens ek nou die doodstraf was nog ingestel ! Gemors soos die Jacques Strydom behoort die doodstraf opgele te word en siende dat die doodstraf nie meer toegepas word nie omdat dit so teen die flippen gemors se regte indring moet hulle minstens die straf opgele word dat hule hande en geslagsdele afgekap word. Gemors soos die behoort die reg wat mense regte bied ontse te word. Sterkte aan die seuns wie se lewens so onherroeplik verander is deur die satansdaad

elusha ·

Nee wat, ons is almal verantwoordelik vir ons eie dade ! Hoekom wil ons elke keer iemand ander “blame” ? Hierdie man in NIE siek nie. Hy is nie “Verstandelik gestremd” nie, hy is dan onderwyser ! Tog het die seuns ook seker geweet waaroor die “lewe” gaan, dan nie? Hierdie man, hulle moet van hom ‘n goeie voorbeeld maak, dis nie sy ma, mede kolegas by die werk of iemand “anders” se skuld nie, hierdie ou moet opstaan en die “pak” wat hy gaan kry van soos ‘n man. Ek sou gese het as mens “geleertheid het” sou jy mos kon dink met jou verstand, maar lyk my hy het met “iets anders” gedink. Pella, ek wil net vir jou se, as dit my seun was, sou hierdie ou wereldjie van ons vir jou te klein gewees het. . . . . Verwyder hierdie “gemors” asseblief tog van die aarde af !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.