Onnie vas vir verkragting

Argieffoto

Argieffoto

‘n Onderwyser van Kaapstad het Donderdag in die Blue Downs-landdroshof verskyn in verband met die verkragting van ‘n 12-jarige leerling, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

“Die 39-jarige man se aansoek om borgtog is afgekeur en hy sal op 3 Desember weer in die hof verskyn,” het Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG in die Wes-Kaap, gesê.

Die man staar ses aanklagte van ontvoering en 12 van verkragting in die gesig.

“Ons verwelkom die besluit dat die man se aansoek om borgtog afgekeur is, aangesien dit die verkeerde boodskap aan die publiek sou stuur,” het hy gesê. “Die man, wat die meisie glo ‘n hele paar keer verkrag het, was haar onderwyser en haar pa se vriend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Ek lees dat verkragtings in tronke met 40% toegeneem het. Meester gaan n besige tyd hê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.