Onnie vergeet vraestelle op dak

ʼn Skoolhoof het ʼn boks met matriekeksamenvraestelle verloor nadat hy dit op die dak van sy motor vergeet het.

Die departement van onderwys in Gauteng sê die skoolhoof van die Phefeni senior sekondêre skool in Soweto het Donderdagoggend die boks van 20 wetenskapvraestelle gaan optel toe hy dit op die dak van sy motor vergeet en weggery het. Die hoof, wie se naam nie bekendgemaak is nie, is ook die hoofopsiener by die skool tydens die matriekeksamen. Die departement sê ʼn ekstra boks met vraestelle is na die skool gestuur en al die matrieks het die eksamen afgelê. Volgens die departement sal die antwoordstelle van leerlinge by vier skole in die omgewing noukeurig deurgegaan word om te bepaal of hulle vooraf bewus was van die vraestel se inhoud. Die skoolhoof is van sy eksamenverpligtinge geskors hangende die uitkoms van ʼn ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.