Onnie wat glo verkrag borg geweier

klaskamer-320x240ʼn Onderwyser wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn leerder verkrag het, is borgtog geweier.

Phindi Louw, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die saak is tot 10 Desember uitgestel. Kapt. Mponde Khaza, woordvoerder van die polisie, sê die onderwyser het die 10-jarige seun en nog ʼn seun glo na klas laat agterbly omdat hulle glo ʼn handboek beskadig het. Die onderwyser het die seuns glo gedwing om op die klaskamer se vloer te lê voor hy een van die seuns huis toe gestuur het. “Hy het toe die ander seun gedwing om sy broek uit te trek terwyl hy [die onderwyser] half kaal op ʼn stoel gesit het.” Die onderwyser het glo hierna die seun verkrag voor hy hom huis toe gestuur het. Khaza sê die onderwyser is verlede week in hegtenis geneem nadat die seun sy ma van die beweerde verkragting vertel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Mens kan ook nie sê die ding is siek nie, want n siek mens ly en kry swaar. Ek noem hom DREK !

Justi ·

Gee hom borg sodat die gemeenskap hom kan bykom. Hy verdien niks beter.

Peter Says ·

Ek praat nie die daad goed nie, maar, brood en besemstok ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.