“Ons gaan die saak wen as Julius hier is”

Julius Malema

Inwoners van Lenasia het van opgewondenheid gejubel toe Julius Malema, geskorste ANC-jeugligaleier Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof ingestap het.

Malema, in ʼn geel T-hemp en vergesel deur Sindiso Magaqa, voormalige sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga, het in die stampvol hof sy sitplek ingeneem. Die inwoners het gejuig “kgale rego emetsi” (ons wag al lank vir jou). En ander het gefluister: “Ons gaan die saak wen met Julius hier.” Hulle het foto’s geneem en Malema aangestaar.

Inwoners van Lenasia wag op die uitspraak oor hul huise wat onwettig gebou is in dié saak met die departement van behuising in Gauteng en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie. Die kommissie, wat die inwoners verteenwoordig, sal na verwagting aanvoer dat hul menseregte geskend is toe slopings twee weke gelede begin is. Die departement sê die huise is op staatseiendom gebou wat onwettig verkoop is. Kopers het vervalsde aktes, met die departement se wapen daarop, ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.