“Ons soek ‘n nuwe regering”

Water uit een van die krane in Lethlabile Foto: K Ngoepe/SAPA

Water uit een van die krane in Lethlabile Foto: K Ngoepe/SAPA

Inwoners in Brits, Noordwes, het die dorp Vrydag tot ʼn stilstand gedwing toe hulle na die kantoor van die Madibeng-munisipaliteit opgeruk het.

Paaie is vir die betoging gesluit en die verkeer is ontwrig. Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het by die inwoners aangesluit.

Zamo Selwadi, ʼn inwoner, het gesê die leiers van die munisipaliteit moet almal bedank, aangesien die inwoners hulle nie meer vertrou nie. “Korrupsie vier hoogty in die munisipaliteit. Genoeg is genoeg met Madibeng en die ANC,” het Selwadi gesê.

Inwoners betoog oor dienslewering, veral wat watertoevoer betref. Vier mense het die afgelope week in Mothutlung gesterf tydens die betogings.

Een van die betogers het Vrydag ʼn bottel bruin water gedra. “Dit is die water van ʼn kraan wat deur die munisipaliteit geïnstalleer is,” het Fredah Mokwena gesê. Sy sê diegene aan bewind sal nie oorleef as hulle die water moet drink nie, maar tog word daar van die inwoners verwag om dié water te drink. “Ek het twee kinders wat siek is, en hulle kan nie hierdie water drink nie,” het Mokwena gesê. “Die munisipaliteit doen niks nie en versuim om te voldoen aan die beloftes wat hulle voorgehou het. Die ANC voldoen nie aan die beloftes wat Nelson Mandela gemaak het nie. Ons soek ʼn nuwe regering.”

Mokwena sê sy beplan om vanjaar vir die EFF te stem en voeg by die inwoners is tevrede met die werk wat dié party verrig. “Ek het die mooi werk gesien wat die EFF doen. Hulle het vir iemand ʼn huis in Nkandla gebou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adele ·

Okey…. ek sit nou met ‘n kakebeen wat op my tafel hang oor die laaste sin in die artikel….

Ria Maritz ·

Nou-ja toe, ek soek ook ‘n nuwe regering … ‘n regering wat my as blanke se belange ook op die hart dra, ‘n regering wat nie “kill the boer kill the farmer” sing nie, allermins nie die president van ‘n land nie.

GawieM ·

Soek ander regering, maar as stemdag kom stem hulle maar weer ANC as hulle daardie kospakkie kry. Hoe dan anders?

Babs ·

Die huidige regering is verantwoordelik vir hulle probleme maar wanneer dit by stem en toyi-toyi kom dan is dit al die pad ANC. Selfs die DA buig agteroor om hulle te help om sodoende hulle stemme te kry maar kyk maar wie wen in die areas waar DA geld en bystand orvloedig geskenk het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.