Ontbinde liggaam in tuin in PE gevind

Die erg ontbinde oorskot van ʼn man wat in ʼn tuin in Bluewater Bay, Port Elizabeth, begrawe was, is Donderdag opgespoor, het die polisie gesê.

Kapt. André Beetge het gesê die eienaars van die eiendom het hul tuinier versoek om ʼn blommebak wat van bakstene gebou is, uitmekaar te haal, toe hy op die oorskot afgekom het. Die eiendom was vroeër uitverhuur en die polisie vermoed dat die liggaam reeds in 2008 daar begrawe is. Die moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.