Ontbinde liggaam in veld gevind

Die ontbinde liggaam van ʼn vrou is naby Swartruggens in Noordwes deur ʼn plaaswerker in ʼn veld opgespoor.

Volgens kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, is die liggaam langs die N4-hoofweg tussen Swartruggens en Rustenburg in die Rietfontein-omgewing gevind. “Ons vermoed die oorledene is sowat twee weke gelede vermoor en in die veld gegooi,” het Makau gesê.

“Die slagoffer is nog nie uitgeken nie. Sy het ʼn blou denim, swart skoene, swart belt en ʼn bruin T-hemp aan gehad. Enigiemand wat weet van ʼn vermiste vrou word versoek om met die Swartruggens-polisie by 014 544 0002 of 076 438 6237 in verbinding te tree.”

Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek uitvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.