Ontbinde lyk in vrieskas gekry

Argieffoto

Die ontbinde liggaam van ʼn man is Dinsdag in ʼn vrieskas in ʼn woonstelblok in Kaapstad gevind.

Konstruksiewerkers wat besig was om herstelwerk te doen aan die Senator Park-gebou in Keeromstraat in Dennemere, het die gru-ontdekking gemaak, berig die Cape Times.

Die liggaam is in ʼn vrieskas, wat afgeskakel was, op die vyfde verdieping van die gebou gevind en is aanvanklik as ʼn halwe skaap aangesien.

Dit is nog nie bekend wie die man is en hoe hy in die vrieskas beland het nie. Die gebou is berug vir dwelmhandel en prostitusie.

Die polisie het ʼn saak van moord oopgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.