Ontbinde lyk van swanger vrou in asblik in Bloem gevind

crime-scene-tape-320x191‘n 36-jarige man is Dinsdag in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik sy swanger meisie vermoor het.

Thandi Mbambo, ʼn polisiewoordvoerder, het aan OFM gesê die man is in Bloemspruit aangekeer.

Volgens Mbambo het lede van ‘n gemeenskapspolisiëringsforum omstreeks 02:00 tydens ‘n roetine-patrollie op ‘n asblik afgekom waaruit ʼn slegte reuk gekom het. Hulle het gaan ondersoek instel en afgekom op die erg ontbinde liggaam van ‘n vrou wat sowat sewe maande swanger was. Die polisie is ontbied, waarna hulle die sleepspore van die asblik af kon terugvolg tot by die verdagte se huis.

“Die vrou se voete is met ‘n tou vasgemaak, en nog ‘n tou is om haar nek gevind waarmee sy vermoedelik verwurg is. Twee 5 liter-petrolkanne is langs die asblik gevind. Dit sou vermoedelik gebruik word om die lyk te verbrand,” het Mbambo aan OFM gesê.

Daar word vermoed dat die verdagte die asblik in sy huurkamer in ‘n huis aangehou het, totdat die huiseienaar Maandagaand gekla het van ‘n slegte reuk. Mbambo het die publiek gevra om met inligting na vore te kom wat kan help om die vrou te identifiseer, aangesien sy te erg ontbind is om haar te identifiseer. Sy het ‘n swart broek, swart jas en rooi en swart plat skoene aangehad.

Die man moet binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.

Bron: OFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Naal de Koker ·

nee, full-board!!! nie net bed + breakfast nie. Met volle dstv, sport, luilekker tronk-lewe

Gis-Marie ·

Willie as ek kon het ek jo comment gelike…… Di wiel draai en hy gan berou wat hy gedoen het… Siek Siek Siek… Dan was sy nog swanger ook….. aii nee wat

Flash ·

Die kleur jas, broek en skoene gee nie veel clues nie.
Was sy wit of swart?
As sy wit was is en mens kan haar ouderdom skat, word die kanse om haar te identifiseer aansienlik vergroot.
Vet of maer halveer weer die aantal moontlikhede,
kort of lank weer en so kan mens die teikengroep aanmerklik verklein en die soektog vergemaklik.
Derhalwe sou ‘n beter beskrywing onmiddelik die publiek kon betrek om na vore te kom met verdwene dogters ens…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.