Ontbloter tronk toe gestuur

ʼn Gewoonte-ontbloter van Pretoria is tronkstraf opgelê nadat hy hom vir die derde keer hieraan skuldig gemaak het.

Timothy Mclaughlin (40) is Vrydag in die Hatfield-landdroshof tot 18 maande tronkstraf gevonnis vir openbare onsedelikheid, berig Beeld. Mclaughlin is in hegtenis geneem nadat hy hom op 22 Mei en 6 Junie aan studente van die Universiteit van Pretoria ontbloot het. Hy het glo op 22 Mei kaal onder ʼn boom gestaan op die universiteitsgronde en homself bevredig terwyl ʼn vroulike student daar verby gedraf het. Mclaughlin is op 23 Januarie en 5 Junie aan dieselfde oortreding skuldig bevind en tot korrektiewe toesig gevonnis. Landdros JC Kruger sê die feit dat Maclaughlin op 5 Junie skuldig bevind is aan openbare onsedelikheid en hom die volgende dag weer daaraan skuldig gemaak het, dui op arrogansie. Charles Blom, ʼn psigiater, het getuig dat Mclaughlin ʼn chemiese wanbalans in sy brein het wat ʼn obsessiewe en kompulsiewe drange om hom voor vroue te onbloot veroorsaak.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.