Ontgroening: Geheime FB-groep skok

Waarskuwing: Die foto onderaan die artikel is eksplisiet en mag sensitiewe lesers ontstel.

Nagenoeg 750 mense, waaronder drie SR-lede asook verskeie HK-lede van die Noordwes-Universiteit (NWU) in Potchefstroom, is lid van ’n geheime Facebook-groep wat glo ontgroening ondersteun.

Die NWU se koerant, Wapad, het onlangs van dié geheime groep bewus geword nadat ’n joernalis glo genooi is om by die groep aan te sluit.

Wapad het in hul uitgawe van 23 Mei berig die geheime groep is verlede jaar gestig en het 746 lede van regoor die land. Dit wil voorkom of 250, sowat ‘n derde van al die lede, by die NWU studeer.

Volgens die groepbeskrywing is dié groep vir almal wat ontgroen is en dink dit is ʼn tradisie wat nie moet uitsterf nie. “Dis die beste manier om gees te bou en die manne van die muise te skei,” word, volgens Wapad, op die Facebook-blad gesê.

Die koerant berig daar is onlangs ’n foto van die beserings wat ’n groep studente glo opgedoen het ná hulle geslaan is. Dit is egter nie bekend hoe oud die foto is, of waar dit geneem is nie.

Een van die inskrywings in die groep lees: “Gangkamp die naweek en Sondag is spesiale tugverhoor voor ons terugkom – jarre se gatte gaan BRAND by die rivier! lol” [sic]. “Jarre” verwys na eerstejaarstudente.

Die drie SR-lede wat deel is van die groep, voer aan hulle is daar om die inhoud van die groep te monitor. Daar is nog geen ontgroeningsgevalle op die NWU-Puk aangemeld nie.

Prof. Herman van Schalkwyk, die kampusrektor, het aan Wapad gesê dat menseregtevergrype en wanpraktyke nie op kampus geduld sal word nie.

“Ek wil elke student uitnooi om ons te help met die uitroei van ontgroeningspraktyke en enige inligting waaroor beskik word deur te gee aan die studentedekaan sodat dit hanteer kan word. Om foto’s en videomateriaal van ontgroeningspraktyke op sosiale-netwerke te plaas gaan nie help om die probleem op te los nie,” het hy gesê.

Bron: Wapad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Blertsie ·

Ag nee, dis nou sommer barbaars! Hierdie soort ontgroening moet uitgeroei word!

Gawie Botha ·

Ontgroening word gedoen en georganiseer deur persone,wat n tiepe van uiterste seksuele genoegdoening kry,deur sulke “strawwe” toe te pas,of by te staan wanneer dit gedoen word!

Enigiemand wat hom skuldig maak aan enige vorm van ontgroening,hetsy deel te neem vrywilliglik,of met die reelings daar mee betrokke is,sal onmiddelik geskors word in die leerskool/universiteit of kollege.

Ek sekondeer sulke reelings!

Adri van Staden ·

In ons dae (laat 60’s) het ons as eerstejaars in Uitspan elke Maandagaand (en soms tussen-in as dit die ou here behaag het) “tekkiepaarties” gehad. Dan het elke senior een hou met ‘n tekkie op elke eerstejaar se agterstewe gegee. Ons kon drfaem ons broeke aanhou, maar ons het soms gekrul van die pyn. Die gevolg was dat byna al die eerstejaars aan die einde van die jaar alternatiewe woonplek gaan soek het. Dit is sinneloos en daar word niks daardeur bereik nie.

Tina Essex ·

Dit is vir my barbaars en oorgrens die term “bully”, seksuele straf (as ons dit so kan noem) en menslikheid. Waar is die dae wat eerstejaars en standerd 6’e en ddan self op sport kampe bordjies met snaakse name op of iets anders moes aantrek om hulle te kan uitken. Ek self is met ‘n doek, dummie en twee poniesterte deur my eerste kwartaal van standerd 6. Ek is nou ‘n ma van 3 seuns en al is die oudste een nog 2 jaar van hoerskool af, kruwel my binneste as ek net daarin dink. My persoonlike mening is dat die kinders wat die “tugting” uitdeel self deur mishandeling geraak is op een of ander manier en dat dit hulle manier is om uiting te gee aan hul gevoelens. Jan Trap se slaan hard en die volgende ou skreeu harder en so gaan dit aan. Hulle por mekaar aan om die vieslikste en lelikste goed te kan doen. Die een groep probeer beter as die ander groep doen. My vraag is nou net, waar is die onderwysers of persone wat toesig moet hou oor hierdie kinders, want kinders is hulle nog!

Linda Kriel ·

Mmmmmm en ek wil my kind soontoe stuur…sal moet weer dink! Ek sal dit nie duld as dit my kind is nie.

Berita Drescher ·

Kan myself nie indink dat enige een in sy regte positiewe sulke barbaarse dinge kan doen nie…..nee hierdie spul het definitief n paar skroewe los en hul was heelwaarskynlik mishandel of seksueel of anders om sulke gruweldade uit te voer. Erens moet daar daadwerkliks opgetree word en hierdie spulletjie moet vasgetrek word. Mens is te bang om jou kind na n opvoedkundige instituut te stuur.

Francois Maartens ·

Ek ondersteun ontgroening met volwasse, verantwoordelike persone aan die stuur. Ek is self daardeur (nie so erg soos dié arme siele nie) en was pret, maar daar is ‘n fyn lyn tussen ontgroening en aanranding! En hierdie is duidelik gedoen om ‘n stempel af te druk en sodoende mense fisies en geestelik te skend. Skandelik!

Bart van Oort ·

Vandag se kinders het ‘n verwronge idee van dissipline, en mag nie toegelaat word om aan ontgroening deel te neem nie. Die “leiers” was gewoonlik ook boelies op skool gewees, en word aangemoedig om voort te gaan met hulle praktyke op universiteit. Ongelukkig gaan seuns nie meer vir militere opleiding nie, en sal hulle nooit leer hoe dissipline en respek vir ander werk nie. Nog produkte van ‘n generasie “nuwe” Suid-Afrikaners, waar respek vir ander nie bestaan tensy jy misdadige optredes goedkeur nie. Sies PUK. Ek skaam my.

Johan ·

Jammer mense maar ek was nog nooit en sal nooit ‘n voorstander van enige vorm wat ontgroening of inlywing of watter beskrywing daarvoor gebruik mag word, wees nie. Ek staan dit geheel en tee en dit is ‘n barbaarse praktyk wat onmiddelik gestop en verbied moet word. Ons leef nie in die donker eeue nie. Die aktiwieteit leen hom tot onmenslike vergrype deur onverantwoordelike, onvolwasse buffels. Dit is tyd daar opgetree moet word. Universieteit gelde is nie goedkoop nie. Sterkte vir die eerste jaars- slaan terug, slaan harder, breek hierdie mag vir goed.

Monique Overvliet ·

Ek stem saam Johan – Breek die mag! “ontgroening” kan “fun” wees – maar DIE is nie reg nie – hulle ruk nou net die hoender!

christo ·

Ag man, my boude / ons eerstejaars se boude het almal 4 keer ‘n jaar so gelyk. Niks oorgehou nie. Die ou sagtehandjies het altyd gekla. Sit julle kinders in Wits!!! Lank lewe Tarentaal!!

Danie - 'n trotse puk ·

LET WEL: Daar is geen bewyse dat hierdie ‘n foto is van NWU Potchefstroom ontgroening nie. Ek is ‘n 5de jaar student op die puk en bly in ‘n manskoshuis. Ek het nog nooit enige fisiese aanranding van enige aard beleef of uitgedeel nie. Hierdie is heel waarskynlik ‘n foto van ‘n dekade of wat terug toe sulke gebruike algemeen deur al die manskoshuise uitgevoer was.

Onthou, ontgroening het nie wortel geskiet in ons geslag nie. Hierdie tipe tradisies was al in my ouers se tyd meer algemeen en in ‘n erger vorm in die Universiteite gewees. Dit verbaas my daarom dat dit juis daardie geslag is wat nou so “geskok” is oor die ontgroeningspraktyke wat hulle help bevorder het. Dit terwyl die ontgroening praktyke huidiglik ernstig bestry en gesmoor word – veral op die NWU Potchefstroom kampus.

Louis ·

Hierdie foto en ander op die FB Ontgroenings groep het in vorige weergawes van die groep ook voorgekom en was toe verbind met koshuise op ander Universiteite. Natuurlik sal die Wapad graag die mees sensationele foto gebruik en dan die indruk skep dat dit op die PUK gebeur het. “Mooi werk” Wapad en dankie vir “goeie ” joernalistiek. Wonder of die stigter van die groep vir kommentaar genader was?

leon kaltwasser ·

Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. Over de Voor was rof op sy dae. Lyk my hul probeer dit so hou. Moenie ontgroening verbied nie. Gee net struktuur daaraan.

Mariette Hammann ·

Ek was ook op die Puk en my seun en sy vriende studeer tans op die Puk. Die vraag is : Waar is die foto geneem en wanneer??? Die Puk is gedurig onder skoot en ek dink ons moet seker maak van die feite voordat ons die Puk wil swartsmeer. Ek is seker, as dit wel op die Puk gebeur het, sal die skuldiges summier geskors word. Trotse Puk-groete.

Stephnie ·

Dis jammer dit kom nou eers onder almal se aandag. Goeie vriend op Pukke en hy is ook so “ontgroen”, maar het vir sy ouers gese om liefs niks te se nie. O, ja dit gebeur verseker daar!! Het ook sulke fotos!!

NW Ligthelm ·

Mense dit is uitlok sensasie!! Dis fotos wat mense van die jare toet opgelaai het!! Dit het niks met huidige Pukke uit te waai nie!! Die groepstigter is al `n volwasse man wat verlang na sy dae op universiteit!! Ek as huidige Puk kan dit bevestig!! Die wapad het gesoek na goedkoop sensasie en Maroela media soek nou verder!! Dis hartseer dat media als so uit verband kan ruk!! Die SR lede monitor die groep namens die Puk om op ongeruimthede af te kom!! Mense moet rerig van hulle perdjies afklim en iets soek wat die moeite is om oor verslag te gee, soos Delmas se skaapskou of iets.

Vanessa Curlewis ·

Aanranding is pret? Seksuele sadiste put genot daaruit om ander te folter.

Danie ·

Kyk n man kan en moet sy pak vat maar net tot n punt. Sorry maar die punt is oorskry.Ek sal nie laat iemand my boude se velle so afslaan nie.Nie eers as jy gedwing word nie.Dan moet jy maar begin terug pak gee.

Mariette Hammann ·

Stem 100% saam Danie. Dis barbaars. Die eienaar van die webwerf het reeds gesê dis stokou foto’s. Ek dink Maroelamedia kan gerus hierdie foto’s en artikel nou afhaal.

Tiaan Van Rooy ·

Ek is die eienaar en skepper van die groep. Hoekom het niemand my nog gekontak nie? Nie een van die foto’s op die groep is jonger as omtrent 10 jaar nie. Meeste van dit was van sport-spanne se inlywings en ‘n paar stokou foto’s van ontgroeningspraktyke, maar geen koshuis of universiteit se naam is ooit aan enige van die gekoppel nie, juis omdat dit so omstrede is. Email my gerus.

Mariette Hammann ·

Ek dink dit is tyd dat die “joernaliste” van Wapad geskors word. Dit wil voorkom asof hulle net daar is om hulle eie politieke ideale te bevorder en uit hulle pad gaan om ongegronde stellings teen die Puk te maak. Die doel van die Wapad was om inligting oor bedrywighede op die Puk aan die studente deur te gee, maar dit is duidelik dat hulle lankal van die wa afgeval het. Baie dankie aan Tiaan van Rooy vir die verduideliking. Die rektor se antwoord mbt ontgroening is ook duidelik. Ouers kan dus hulle kinders met ‘n geruste hart Puk toe stuur.

Piet ·

Julle kla verniet!! Die fotos is in Veritos geneem. Toe gaan huil hulle by die mammas. Babas!!

Mariette ·

Watter jaar, Piet? Ek is baie bly iemand het die moed gehad om die barbaarsheid bekend te maak en hoop dis nou oral gestop.

Stefan Grobler ·

Ag asseblief, ek weet nie waaroor almal so aangaan nie! Lyfstraf is nog altyd ‘n deel van koshuislewe, hetsy dit ‘n ontgroening ritueel is (vir my was dit 30 houe met ‘n krieketkolf in my 3de jaar om ‘n enkelkamer op die beste gang te “verdien”) of sommer net om jou op jou plek te hou in jou eerstejaar. Ek het in 1998 klaar studeer, en my (en omtrent elke ander man in die koshuis) se boude het minstens een keer gelyk soos op die foto, en dit was alles groot pret. Mans doen nou maar net sulke stupid uitdagings en “challenges” as ons jonk, dom en dronk is. Dis deel van die hele koshuiservaring en grootword.

Ruhan ·

Stem 100%!! Eerste naweek wat ons kon huistoe gaan kom haal my pa my by die koshuis en vra wie my “koshuispa” is van die seniors. Ek gaan stel hulle toe voor en toe sê my pa vir hom as ek droogmaak of as my punte swak is moet hy my regsien, want hy betaal swaar om my daar te hou en verwag van die koshuis om seker te maak ek raak nie die pad byster nie. “Wat bedoel Oom ‘regsien’?” vra ou Willem toe ewe onskuldig. My pa was nooit een vir doekies omdraai nie, so “Bl!ksem sy gat aan die brand, dis al wat werk.” was bloot die antwoord. En bl!ksem het Willem vir my gebl!ksem daai jaar, met een van daai harde plakkies wat ons elke jaar saam met ons klere vir die rugbytoer gekry het. Ek moes al my klastoetse, take en semestertoetse se punte vir hom wys en enigiets onder 60% was ‘n sessie met die plakkie in die badkamer, waar die hele gang kan hoor en sien, om nie te praat van hoeveel ek gespot is oor my rooi sitvlak in die storte nie! Hoe laer die punte hoe langer hou die pakslae aan, maar dit het gewerk! Ek dink ek het seker 20 of 30 keer pak gekry daai jaar, van ‘n paar ligte rapse tot vier of vyf sessies wat my boude laat lyk het soos in die foto, indien nie erger nie. Die keer toe ek drie klastoetse wat ek gedop het probeer wegsteek het en toe nog drie ekstra onderbroeke aangetrek het toe Willem uitvind was “memorable”, soos die Engelse sê, want die broek en onderbroeke moes waai … ;-) Maar ek is allles deur, met twee onderskeidings ook nog, en ek en Willem is tot vandag beste vriende. Hier in my derde jaar het ek weer begin droogmaak, maar toe het my pa self ingeklim met die strap as ek naweke by die huis kom, en dit het net so twee of drie keer gevat om my weer voor die boeke te kry. Vandag is ek ‘n ingenieur, maak goed geld en dankbaar vir ‘n koshuis wat my nie net ‘n wonderlike huis en familie op kampus gegee het nie, maar selfs ook vir Willem en daai verdomde plakkie!

Sprigbokram ·

Lekker tekkiepaartie!! Ai, hoe bring dit die memories terug… Saterdagaand op die gang, tree aan in ‘n ry, buk met jou hande teen die muur…. Dan hoor jy net die seniors wat sing ‘hardegat word sag! Hardegat word sag!’ Terwyl jou gat al hoe seerder word en die reuk van Lifebuoy seep (voor in die tekkie gedruk vir eksrtra momentum) al hoe sterker word soos die aand langer word. Beste tyd van jou lewe wat jy nooit weer wil oorhê nie, soos hulle sê! Bly om te sien die ou tradisies leef nog voort, dis net sissies en die media wat ‘n probleem het daarmee!

Stefaans ·

As vakleerling (“appie” in goeie Afrikaans) is ons destyds blougatte genoem, en die oumanne het seker gemaak ons gatte is inderdaad blou vir enigiets van vuil gereedskap tot ‘n stomp vyl of as jy die oggend by die “workshop” opdaag met drank op jou asem. Niks om jou aandag van babbelas kopseer af te lei soos gatseer van die plank nie! Ek glo nie aan sulke harde lyfstraf vir kinders nie, maar sulke ontgroening speletjies is net pret as jy student-ouderdom is. Ek dink elke man in Suid Afrika ouer as omtrent 40 sou een of ander tyd so iets beleef het, en dis goed dat die jong latte nog ook soos regte manne ‘n pak kan vat!

Pieter Rademeyer ·

Ag dis NIKS nie. In die onderwyskollege in die jare ’70 is ons alles geleer van kinders opvoed, behalwe hoe om ‘n rottang te swaai en dit was 90% van opvoeding in ons skole voor die nuwe bedeling. Die oplossing? Oefen op die eerstejaars in die koshuis, natuurlik. Ons het maandelikse kompetisies gehad om te sien wie die beste treinspore of plaashek kon maak. Treinspore was 6 mooi eweredige hale, plaashek was 4 eweredig en 2 oorkruis. Daai kompetisies was ernstige sake met rekords en weddenskappe en baie, baie trots op die spel, aan beide die senior se kant wat die lat swaai en die eerstejaar wat probeer staan en nie ‘n geluid maak of ‘n traan stort nie. Studente is mal goed, en dinge soos in die foto is heeltemal normaal en maar net deel van dit alles.

Bulletjie ·

What’s the big deal? In ons koshuis en op ons gang is ons trots om nog regte-egte harde ontgroening en dissipline te doen en te handhaaf soos in die goeie ou dae. Dis groot pret en nog ‘n groter eer om deel te neem en dit soos ‘n man te vat.

Brakkenjan ·

Ja ek wonder ook wat die big deal is. ‘n Man moet sy pak kan vat, en hierdie is nie skoolkinders nie. As hulle nie wou saamspeel nie kon hulle ‘n stop sit aan dit ek is seker hulle is almal trots op daai foto en jaloers op die een in die middel! Ek het in my lewe BAIE pak gekry… plathand en paplepel by my ma, die belt by my pa, plankie en rottang op skool, bakoond met tekkies by die rugby en in die koshuis op Potch, selfs een keer met ‘n sambok in die army. Dis ‘n Afrikanerman-ding, los die studente dat hulle dit self uitsort dis die tyd vir sulke dol goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.