Ontgroening-slagoffer beleef terugslag

Andrew Searle

Andrew Searle (14), die seun wat tydens ʼn “ontgroeningspeletjie” in ʼn skoolkoshuis met ʼn skoen in ʼn kussingsloop teen die kop geslaan is, het ʼn terugslag beleef.

Searle, ʼn leerling aan Hoërskool York, is sedert die voorval verlede Dinsdagoggend plaasgevind het, in ‘n hospitaal in George. Lees meer hier.

Searle is vir bloeding op die brein behandel en het vroeër die week goeie vordering getoon waarna hy  van die waakeenheid na ʼn gewone saal geskuif is. Hy het egter gister verswak en is weer in die waakeenheid opgeneem. Volgens sy dokters sal hy nog ʼn operasie moet ondergaan vir ʼn bloedklont agter sy oog.

Intussen is daar Dinsdag met dissiplinere optrede begin teen sewe leerlinge van die skool wat glo by die voorval betrokke was.  Een van die leerlinge is reeds skuldig bevind en vir sewe dae geskors. Hy moet ook gemeenskapsdiens by die skool verrig en vir berading gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Vir 7 dae geskors? Watse vonnis is dit in vergelyking met die pyn en lyding wat Searle moet deurgaan? En hoekom moet hy vir berading gaan? Daar is mos niks aan hom gedoen nie? Nee, ek kan dit nie verstaan nie. Hoekom nie al sewe geleke tyd straf en hulle ‘n verdiende straf laat kry nie. Niks kan in elk geval vergoed wat hulle met die seun gedoen het nie. Dit is skokkend verby

Susan ·

Ek stem saam die skole laat hierdie ontgroenings toe en dit werk ongelukkig nie vir my. Die leerlinge ruk handuit en laat kinders partykeer walglike goed doen, daar moet duidelike reels opgestel word deur onderwysers oor wat hulle mag doen en toesig moet gehou word. Maar die beste is skaf dit af of net die 1ste skooldag. Tussen hierdie matrieks is daar gewoonlik boelies wat dit geniet as hulle iemand kan verneder. Wat van die seun se dokters onkostes wie gaan dit betaal, en wat as hy nou erge nagevolge het of selfs sy lewe verloor. Ag nee wat dis pateties. By die skool gemeenskapsdiens doen? nee hulle moet in die strate gaan werk en hospitaal diens doen, panne ronddra en toilette skrop, stuur hulle sommer vir 6maande verbetering skool toe

Mariette Hammann ·

Hoekom word ontgroening nog hoegenaamd toegelaat? Dit is mos afgeskaf!! Sewe dae geskors? Dis die straf wat ‘n kind behoort te kry vir aanhoudend laat kom of nie huiswerk gedoen nie. Hierdie is poging tot moord!!!

Mariette Hammann ·

Waarom word ontgroening nog hoegenaamd toegelaat?? Dit is mos lankal afgeskaf! Sewe dae skorsing is vir kinders wat ongehoorsaam is. Hierdie is poging tot moord!!

Melindie ·

Ontgroening is maar net ‘n wettige manier vir boelies om hul luste op weerloses uit te haal. Die skool se optrede is belaglik.

Marthinus ·

Vir 7 dae geskors nadat hy deel was van n beplande aanval?? Dank Vader dis nie my kind nie. Die skool se bestuur en hoof is defnitief onbevoegd en die leerlinge wat deel gehad het in die aanval moet veel eerder na n spesiale skool verhuis word. Wat is fout met ons samelewing?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.