Onthoofde liggaam in Oranjerivier opgespoor

Die ontbinde, onthoofde liggaam van ‘n man is Donderdag in die Oranjerivier naby Aliwal-Noord in die Vrystaat opgespoor.

“Die liggaam van ‘n swart man het in die rivier gedryf. Die man is tussen 16 en 20 jaar oud,” het konstabel Werner van Tonder, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Die liggaam is erg ontbind en die kop en ‘n gedeelte van die bors word vermis, vermoedelik weens blootstelling aan die elemente.”

Die man het ‘n donkerkleurige broek en swart waterstewels aangehad, maar nie ‘n hemp nie. “Vermoedelik het die man ‘n week gelede gesterf en dat hy van die Sterkspruit-gebied is,” het Van Tonder bygevoeg. Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat weet van iemand wat in die Oranjerivier-gebied vermis geraak het, of wie moontlik kan help om die liggaam uit te ken, om met ao Britz by 082 446 7265 of 051 663 6103 in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.