Onthoofde lyk in Knysna gevind

ʼn Man se onthoofde lyk is op ʼn rivierbank in Knysna in die Wes-Kaap gevind.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, sê die onthoofde lyk is Woensdagmiddag gevind. Hy sê die lyk was gedeeltelik begrawe. Die polisie het die lyk gevind nadat ʼn hond Dinsdagaand ʼn gedeelte van ʼn skedel na ʼn huis in die omgewing gebring het. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.