Onthoofde lyk: Kop opgespoor

Die kop van ‘n onthoofde lyk is Saterdag in ’n emmer op ‘n huis in Noordwes se dak opgespoor.

Maroela Media het vroeër die week berig dat die polisie leidrade soek oor ʼn skynbare “bose daad” waartydens die liggaam van ‘n man opgegrawe en onthoof is.

Volgens brigadier Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder in Noordwes, is die onthoofde liggaam Maandag by ʼn begraafplaas in die Lobaleng-informele nedersetting gevind. “Munisipale werkers by die begraafplaas het agtergekom dat daar aan ʼn graf gepeuter is waar iemand vroeër begrawe is. Hulle het die polisie en die familie van die oorledene ontbied. By nadere ondersoek het die polisie gevind die lyk is onwettig opgegrawe. Die liggaam is onthoof, maar was steeds in die kis. Die kop was egter weg,” het Ngubane gesê.

Die polisie het Saterdag leidrade opgevolg wat hulle na die geneser se huis in Makwassie Hills naby Wolmaransstad gelei het. Hulle het die kop in ʼn plastieksak op sy huis se dak gevind. Volgens Ngubane het die geneser glo verduidelik een van sy vriende, ook ’n tradisionele geneser van Rustenburg, het hom gevra om vir hom ’n kop van ’n dooie mens te reël.

Die geneser en twee ander beskuldigdes is daarna in hegtenis geneem en sal binnekort op aanklagte van lykskending in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.