Onthoofde lyk laat polisie kopkrap

Die polisie soek na leidrade oor ʼn skynbare “bose daad” waartydens die liggaam van ʼn man in Noordwes opgegrawe en onthoof is.

Volgens brigadier Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, is die onthoofde liggaam Maandag by ʼn begraafplaas in die Lobaleng- informele nedersetting gevind.

“Munisipale werkers by die begraafplaas het agtergekom dat daar aan ʼn graf gepeuter is waar iemand vroeër begrawe is. Hulle het die polisie en die familie van die oorledene ontbied. Nadat ondersoek ingestel is, het die polisie agtergekom die oorledene se liggaam is onwettig opgegrawe. Die liggaam is onthoof, maar was steeds in die kis. Die kop was egter nie daar nie. Die motief hiervoor is nog nie bekend nie. Enigiemand wat inligting oor die voorval het, moet asseblief die polisie in kennis stel,” het Ngubane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.