Nege-en-veertig onthoofde lyke is Sondag op ʼn hoofweg in die noorde van Mexiko gevind. Die lyke, waarvan 43 mans en ses vrouens was, se hande en voete is ook afgekap.
Volgens IOL is hierdie die jongste slagting in ʼn reeks voorvalle wat die afgelope paar maande in die noorde van dié land plaasgevind het. Jorge Domene, ʼn woordvoerder vir openbare veiligheid in Mexiko, het gesê die Zetas-dwelmsindikaat het verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar. Die Zetas voer glo tans ʼn skrikbewind in die land in ʼn poging om beheer oor sekere dwelmroetes te verkry. Die groep het in Augustus verlede jaar ʼn casino afgebrand waarin 52 mense dood is.
Lees hier vir nog inligting.