Onthoofde lyke op hoofweg gevind.

'n Forensiesebeamptes is besig om die gebied te fynkam waar 49 onthoofde lyke gevind is. Foto: IOL/Associated Press

Nege-en-veertig onthoofde lyke is Sondag op ʼn hoofweg in die noorde van Mexiko gevind. Die lyke, waarvan 43 mans en ses vrouens was, se hande en voete is ook afgekap.

Volgens IOL is hierdie die jongste slagting in ʼn reeks voorvalle wat die afgelope paar maande in die noorde van dié land plaasgevind het. Jorge Domene, ʼn woordvoerder vir openbare veiligheid in Mexiko, het gesê die Zetas-dwelmsindikaat het verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar. Die Zetas voer glo tans ʼn skrikbewind in die land in ʼn poging om beheer oor sekere dwelmroetes te verkry. Die groep het in Augustus verlede jaar ʼn casino afgebrand waarin 52 mense dood is.

Lees hier vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.