Onthoringde renoster steeds soek

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig kan sensitiewe kykers ontstel.

Die onthoringde renoster wat Vrydag in die Krugerwildtuin deur besoekers gesien is, is steeds soek.

Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, sê dit is moeilik om die renoster te vind weens die digte veld. Hy sê reënweer bemoeilik ook die soektog aangesien sigbaarheid swak is. Thakhuli sê onder normale omstandighede sal aasvoëls gewoonlik aandui waar ʼn dier is wanneer dit reeds dood is. “Ons vermoede is dat die dier beswyk het weens die pyn en vermoed dat indien dit die geval is ons binnekort aasvoëls en ander roofdiere sal opmerk binne die volgende twee dae of so.” Thakhuli het ʼn beroep op besoekers gedoen om onmiddellik enige nabygeleë kamp of hek in te lig indien hulle die renoster gewaar.

Maroela Media het vroeër berig dat die onthoringde renoster Vrydag naby die Phabeni-hek opgemerk is.

Frans Lombaard het die foto Vrydag op sy Facebook-blad gelaai met die woorde: “3km voor Phabeni hek IN Krugerpark, kom vra hy ons vanmiddag om hulp!!! Ek is sprakeloos en woedend!!!!!”

Foto: Frans Lombaard, Facebook

Foto: Frans Lombaard, Facebook

Lees ook:
SANParke bevestig renoster sonder horing

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.