Ontlasting by lughawe uitgegooi

Foto: @StueyMax/Twitter

Die ANC in die Wes-Kaap het die voorval waar vyf mans emmers vol menslike ontlasting by die Kaapstadse Lughawe uitgegooi het, veroordeel.

“Die gedrag is onaanvaarbaar en die ANC veroordeel dit sonder enige voorbehoud,” het Phillip Dexter, die ANC se woordvoerder, gesê. Die voorval het gistermiddag by die vertrek-terminaal plaasgevind. Die vyf mans is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. Deborah Francis, waarnemende woordvoerder van die lughawe, sê die mans het die ontlasting by die ingang van die lughawegebou uitgegooi waarna die polisie hulle in hegtenis geneem het. Volgens berigte het ‘n geskorste en huidige ANC-lid aan die aksie deelgeneem. Dit volg na ʼn soortgelyke voorval vroeër die maand waar ontlasting by die provinsiale parlement uitgegooi is. Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, het ook vroeër die maand deurgeloop toe daar ontlasting na ʼn bus gegooi is waarin sy gery het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Flash ·

Was it the kakaboi wat weer sy noi met die emmer goi?
Well, as the great Chinese philosopher Ho Flung Dung once said: “Hy wat met stront gooi se hande is vuil”

Gawie Botha ·

Interesant om op te merk dat die SABC altyd so gerieflikheidshalwe,gereed en paraat was met hulle kamaras,by sulke insidente van menslikke afval strooiery,of die President Zuma se skilderstuk,of betogings teen landbou,,,,ens,,,,,,,,,,,,soms dink ek dat die SABC agter al hierdie opstokery sit,,,,,,of wie reel dit wat die SABC so goed ken om hulle n vroewaarskuwing te gee,,,,mmmmmmmmmmm!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.