Ontlasting na raadslid se huis gegooi

Menslike ontlasting is na die huis van ʼn ANC-raadslid van Buffalo City gegooi, het die Oos-Kaapse regeringsdepartement Sondag gesê.
Die insident wat verlede week plaasgevind het, is veroordeel deur MuniMEC, a regeringsforum wat bestaan uit alle burgemeesters en munisipale bestuurders wat kwartaalliks met uitvoerende raadslid Mlibo Qoboshiyane vergader.
Volgens MuniMEC het hulle kennis geneem van die woede van sommige gemeenskappe, en is hulle verbind daartoe om ontslae te raak van alle emmertoilette in die provinsie. Om menslike ontlasting rond te gooi, gaan egter nie help om dienste aan die gemeenskap te verbeter nie, het hulle gesê. Volgens hulle is sanitasie tot dusver reeds aan 1 275 204 mense gelewer – ongeveer 74% van dié wat dit benodig.
Vroeër vandeesmaand is menslike ontlasting op die trappe van die Wes-Kaapse raadgewer gestort. Die dag daarna het ʼn groep mense van Khayelitsha menslike afval gegooi na ʼn bus waarop die Wes-Kaapse premier Helen Zille en ʼn groep ander gereis het na ʼn groen ekonomie-geleentheid. ʼn Paar dae later is 184 mense met emmers menslike uitskot by die Esplanade-treinstasie in Woodstock, Kaapstad in hegtenis geneem. Hulle was glo van plan om dit in die stad te gaan stort.
Lees meer:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.