Ontlasting na Zille se bus gegooi

Helen Zille

‘n Groep mense in Khayelitsha het Dinsdag menslike uitskot na ‘n bus gegooi waarin Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, en ander op pad na ‘n geleentheid oor ‘n groen ekonomie gery het.

“Tydens die Wes-Kaapse regering se geleentheid vir die “110% groen”-veldtog, het sommige lede van die ANC-jeugliga buite betoog,” het Zak Mbhele, woordvoerder vir Zille, gesê. Hy sê menslike ontlasting is na die bus en sommige voertuie buite die gebou gegooi. “Die polisie wat buite die gebou gestasioneer was, het die bende met traangas verjaag.

Kolonel Tembinkosi Kinana se twee mans, onderskeidelik 23 en 26 jaar oud, is in hegtenis geneem vir publieke geweld en sal Woensdag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.

Khaya Yozi, streeksvoorsitter vir die ANC-jeugliga, het gesê hy is nie bewus van die betrokkenheid van enige van sy lede nie. “Ons keur enige programme voor die tyd goed en gee kennis daarvan. As ons ‘n program van stapel stuur, stel ons die media en alle mediahuise oor die protesaksie of betoging in kennis. Ons het nie hierdie organiseer nie,” het hy gesê.

Twee mans het Maandag menslike uitskot op die trappe voor die Wes-Kaapse wetgewer gestort in ‘n betoging oor mobiele toilette. Loyiso Nkohla, ANC-raadslid en jeugligalid, en Andile Lili, voormalige ANC-raadslid en verbande jeugligalid, het aan die Cape Argus gesê dit is ‘n “waarskuwing van wat kom”. “Ons sal volgende week met duisende van hierdie emmers terugkeer en hulle rondom die wetgewer uitkeer. Ons is reg om in hegtenis geneem te word en sal hiervoor sterf,” het Lili gesê. Klik hier om meer te lees.

Mbhele het gesê kriminele klagte sal gelê word. Hy het die ANC-jeugliga beskuldig van “onregeerbare taktiek voor volgende jaar se nasionale verkiesing.

Die ANC-jeugliga het die beskuldigings Maandag ontken. Mfuzo Zenzile, streeksekretaris, het gesê die party het nie enige vergadering of protes gereël wat daartoe kon lei dat sy lede by die wetgewer opdaag nie. “Indien daar individuele lede is wat dit gedoen het, het hulle dit as individue gedoen en nie as deel van die ANC-kliek nie. As die DA hulle wil aanvat, kan hulle dit doen, maar hulle moet hulle as individue aanvat, en nie as deel van die ANC-kliek nie.”

Bandile Masuku, nasionale woordvoerder vir die ANC-jeugliga, het die voorval by die Wes-Kaapse wetgewer veroordeel. “Hierdie betoging is walglik en veragtelik om die minste te sê. Ons glo die groep kon ‘n ordentlike, maar doeltreffende, manier van betoging gekies het,” het hy Dinsdag gesê.

Hy sê die saak word ondersoek en hy sal die identiteite van die betrokke partye bevestig.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het verlede maand ‘n interdik aan die stad Kaapstad toegestaan teen 89 voormalige werknemers van die toiletdiensmaatskappy Sannicare, en sewe mense wat aan die ANC-jeugliga verbind word.

Sannicare-werknemers, wat verantwoordelik is om gemeenskaplike toilette skoon te maak, het ‘n gedeelte van die N2-snelweg met brandende binnebande versper en menslike ontlasting op die pad gestort. Hulle het teen hul afdanking betoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.