Ontsnapte leeus verskeur twee mense

Argieffoto

Leeus wat uit ʼn Zimbabwiese wildreservaat ontsnap het, het twee mense verskeur. Die leeus het ʼn man en ʼn vrou in Kariba, 365km noordwes van Harare, aangeval en doodgebyt.

Caroline Washayo-Moyo, ʼn woordvoerder van Zimbabwe se parkeraad, het Donderdag gesê plaaslike owerhede en die polisie het ʼn volskaalse soektog na die leeus van stapel gestuur. Sy sê twee of meer leeus het van die reservaat ontsnap en professionele jagters is op hul spoor.

ʼn Wildbewaarder is ook tydens die soektog beseer nadat hy per ongeluk deur ʼn jagter van een van die soekspanne raakgeskiet is.

Washayo-Moyo het inwoners van Kariba en die omliggende gebiede gewaarsku om nie in die veld rond te loop nie, en veral kortpaaie deur beboste gebiede te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.